Spesiale dankie aan die volgende mense wat betrokke is by ons troue!
Baie dankie vir al mamma se hulp met die beplanning en voorbereiding van die troue. Marcelle, Jackie en Marilinda se rokke en Ryno se klere. Die trou koek, tafel doeke en lopers, al die detail met liefde en geduld per hand gedoen.
Baie dankie vir al die ure se boeke deur kyk en na die bruidskou toe gaan en vir idees en al die raad. Hoop die troue gaan 'n groot verassing wees as die eind prentjie by mekaar kom.
Baie dankie dat Pa my sal weg gee, dit beteken regtig ongelooflik baie vir my!! Vir al die klein goedjies wat Pa bydra waar Pa kan en die grootste dankie vir die mooiste trourok ooit!!!
Baie dankie aan Cicilia van CK Make-up vir my grimering en dat jy my so rustig moontlik gehou het. Jy is 'n vriendin duisend met 'n groot hart!
Baie dankie aan Charlene, Odette en Ingrid van Amanzingwe wat ons gehelp het met al die inligting. Dankie dat julle elke keer daar was om raad en inligting te gee wanneer ons julle nodig gehad het.
Baie dankie aan Janine van Rentals Village vir die blomme en dekor. Jy het deur 'n moeilike tyd in jou lewe gegaan maar jy was steeds daar vir my in my gelukkige tyd van beplanning.
Tannie Annamarie vir ons meisies se juwele
Jo van Tyga eyes vir Jenny se hare
Theresa van Beautiful Beginings vir die kaartjies
Stella en Crew van Pixel Pro vir die fotos
Andreas en Crew van Hauke Productions vir die dvd
Heloise van Heloise couture vir Jenny se rok
Eurosuit vir die mans se pakke
Lourance vir die musiek
Ds Colin Smith van Kerk Sonder Mure