Racing... need I say more...

Ek en Etienne 5

Ons ontmoeting

Ons het ontmoet by Kyalami, Saterdag, 3 Maart 2007.  Etienne het Production cars C klas gery en het goed gedoen in die 1st "heat" tot hy in 'n ongeluk gekom het met Ben Morgenrood wat nie eens in dieslefde klas gery het as hy nie. Hy kon nie die race klaar maak nie en sy humeur was baie baie kort.

Ek het die resies van die kant af gekyk en my aandag was maar meer op Ian (Etienne se boetie) omdat die mense saam wie ek daar was hom ondersteun het. Ek het net geweet altwee die boeties ry die vreemde karre wat so vrek erg raas. Na die race het ons "pits" toe gegaan om hallo te sê vir almal en almal te ontmoet.  Min het ek geweet hulle wil my aan Etienne voorstel en nie Ian nie, ha ha. In die "pits" was Etienne steeds kort van draad en nie regtig aandag gegee aan die meisie wat hom wil ontmoet nie.  Toe ry ons maar huis toe. Die aand het ek maar vir hom 'n sms gestuur en gevra hoe het dit gegaan met die 2de "heat" maar geen antwoord.

Die Sondag oggend stuur ek toe dieselfde boodskap weer maar die keer met my naam by en darem het ek 'n boodskap terug ontvang en dit het toe in 'n geselskap ontaard.

Die Maandag aand het ons ontmoet vir ete en van daar af het ons nooit weer terug gekyk nie....