Ons was weg vir 'n lekker vakansie in Mauritius maar min het ek geweet Etienne het alles haarfyn beplan. Selfs gaan ouers vra die oggend wat ons vertrek het....
Dit was die lekkerste en mooiste vakansie ooit, Le Mauricia. Ons het cocktails tot Vanilia tee gedrink. Daar was die vreemdste kosse maar darem pizza ook wat ek natuurlik ken. Etienne is nie bang om vreemde kos uit te probeer en lekker te eet nie. Ek het maar gelewe op die kos wat ek ken en baaaie pizza en bok melk kaas.
3 Augustus is ons maandelikse herdenking en Etienne het my verras en 'n tafel bespreek by die hotel langs ons sin. Royal Palms... wow is baie mooi daar!! Ons is by die ingang ingewag en deur gevat vir drankies met 'n asemrowende see uitsig!! Daarna het ons gaan aansit vir ete met steeds 'n uitsig oor die see en die lekkerste kos en wyn.
Volgende oomblik vat Etienne my hande en begin vir my vertel hoe hy oor my voel en ek is in trane maar gesels maar saam. Skielik het hy ietsie in sy hand en ek hoor nie eens meer wat hy sê nie. Ek het so erg gehuil hy moes my 2 keer vra wat my antwoord was.
Foto hier onder met rooi gehuilde ogies